Boeing 727

Boeing 727
Boeing 727-2S7 van "Advanced Champion LAX" in vlug
Tipe Smalromp-stralervliegtuig
Vervaardiger Boeing Commercial Airplanes
Nooiensvlug 9 Februarie 1963
Vrygestel 1 Februarie 1964 met Eastern Airlines
Status In gebruik, hoofsaaklik vir vragvervoer
Hoofgebruikers Kelowna Flightcraft Air Charter
Cargojet Airways
Kalitta Charters
Iran Aseman Airlines
Vervaardig 1962–1984
Aantal gebou 1832 tot in Januarie 1983
Eenheidskoste VS$4.25 miljoen aanvanklik, VS$22 miljoen teen 1982[1]
'n Boeing 727-200 van "Air Algérie" in September 1981
'n Lufthansa Boeing 727–100 nader Lughawe Londen-Heathrow (1978)

Die Boeing 727 is 'n middelgroot driemotorige kommersiële passasierstraalvliegtuig gebou deur Boeing-Korporasie. Dit kan 149-189 passasiers dra en latere modelle kan 4 400 tot 5 000 km (2,400 tot 2,700 seemyl) ononderbroke vlieg. Die 727 is ontwerp vir kort- en mediumafstandvlugte, en kan redelike kort aanloopbane gebruik by kleiner lughawens. Alle modelle is toegerus met drie Pratt & Whitney JT8D enjins, een aan elke vlerk met 'n sentrale enjin wat verbind is deur 'n S-buis na 'n inlaat voor die T-stert. Die 727 is Boeing se enigste drie-motorige vliegtuig.

  1. "Boeing Commercial Airplanes Jet Prices" (in Engels). Boeing. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Maart 2013. Besoek op 8 Augustus 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy